Local newsNewsNews

Vaal spog met ‘Maak my ‘n Miljoenêr’ wenner!

Die Maak My ‘n Miljoenêr-span het vanaf verlede jaar Oktober ‘n landswye toer afgeskop opsoek na die top hoërskool-entrepreneur in die land.

VEREENIGING – Hoërskool Overvaal se Riaan du Toit (graad 11) het dit vermag. Hy is die 2025 Maak my ’n Miljoenêr wenner!

Die gala-aand is die afgelope week by die Atterbury Teater gehou waar al die finaliste met groot afwagting vir die aankondiging gewag het.

“Riaan, jy het só hard gewerk. Jou deursettingsvermoë, toewyding en passie is inspirerend. Ons is trots op jou,” het die skool oor hul slimkop entrepreneur gesê.

Die Maak My ‘n Miljoenêr Entrepreneur van die Jaar-kompetisie is die breinkind van Albert van Wyk, in samewerking met ATKV-jeugprojekte, die Mos-Inisiatief, Akademia en ATKV-oorde.

Die doel van hierdie kompetisie is:
• Bewusmaking van entrepreneurskap by skole
• Bemagtiging van entrepreneurs deur mentorskap en ondersteuning

Albert en die Maak My ‘n Miljoenêr-span het 82 skole besoek en 92 000 hoërskool leerders toegespreek.

In totaal het 230 hoërskool-entrepreneurs ingeskryf vir die kompetisie. Daarna is eers ‘n Top 60 aangewys, en later uitgedun na ‘n Top 30.

Riaan het daarna die beoordelaars goed genoeg beïndruk dat hy die Finale Top 20 gehaal het, en uiteindelik met die titel beloon is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button