Local newsNewsNews

Kerstrok-vreugde word beplan

VANDERBIJLPARK - Oor net bietjie meer as twee maande is dit Kersfees! 

AH Droogte Dolla begin ook reeds met beplanning om hierdie jaar die Kerstrok groter en beter te maak as verlede jaar.

Die gewilde Kerstrok wat vreugde in Vanderbijlpark, Vaalpark en die kleinhoewes bring, kan vanjaar oor die naweek van 19 tot 22 Desember verwag word.

Die roete sluit verskeie afsetpunte in en daar word beoog om sowat 4 000 lekkergoedpakkies te versprei.

Die Kerstrok gaan weer kinderharte bly maak. Foto: Verskaf

Die organiseerders wil ook graag die plaaslike kinderhuise en minderbevoorregte gesinne help met kospakkies vir die feesseisoen. Hierdie pakkies sal op 23 Desember afgelewer word by die betrokke gesinne en kinderhuise.

Maar so groot projek kan net ‘n sukses wees as die gemeenskap inkoop en hul deel bydra.

Enige lekkergoed-skenkings, koeldrank (verkieslik boksies of plastiese botteltjies) sal waardeer word.
Vir die kospakkies word enige nie-bederfbare voedsel, vars vrugte en groente, asook koeldrank vir ongeveer sewe kinderhuise en 35 gesinne benodig.

Daar is ook die opsie vir finansiële skenkenings, sou dit verkies word.

AH Droogte Dolla is ‘n geregistreerde NPC en wag tans vir die goedkeuring van die 18A sertifikaat.

Die bankbesonderhede is as volg:
VRU AH DROOGTE DOLLA
Rek nr. 1053733666
Capitec Business Account
Verwysing: Kerstrok donasie

Vir meer inligting kan enige van die stigters gekontak word:
Danie Boshoff – 066 364 9956; Martin Swart – 083 285 2047; Petrus le Roux – 083 604 3444 of Wessel van Raay – 081 593 3001.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button