Local newsNewsNews

Klein Jordan (4) se groot stryd

Lewensreddende medikasie is 'onbekostigbaar', hoe nou gemaak?

VANDERBIJLPARK – Jordan (4) is klein vir sy ouderdom, maar hy is ‘n ware vegtertjie wat in sy kort lewensduur reeds meer as 14 keer in die hospitaal was met long- en maagprobleme.

Jordan was maar net bietjie ouer as ses maande toe hy in Wendy Hood se pleegsorg geplaas is.

Die blondekop seuntjie het sommer dadelik haar hart gesteel en sy het die proses aan die gang gesit om hom wettiglik aan te neem. Nou na vier jaar, kan dit dalk gebeur.

Wendy wat baie lief is vir kinders, het reeds in haar eerste huwelik bevind dat sy en haar man nie kinders kan hê nie.

Sy het agt keer vir insiminasie gegaan, maar steeds was daar geen suksus. Hulle het uiteindelik besluit om ‘n kind aan te neem, en vandag is die dogtertjie nou ‘n 16-jarige tiener.

Daardie eerste huwelik het egter nie gehou nie, maar Wendy het steeds na nog ‘n kind gesmag.
Haar liefde vir kinders het daartoe gelei dat sy by verskillende welsyne en kinderhuise betrokke geraak het.

Sy is een dag in Desember 2021 deur ‘n sosiale werker gekontak met die versoek dat hulle dringende pleegsorg vir ‘n babatjie benodig. Wendy het ingestem, en dit is waar haar en Jordan se liefde vir mekaar begin het.

“Hy was twee dae in my sorg toe my pa vir my sê Jordan se bors klink nie reg nie,” vertel Wendy. Hulle het Jordan na Cormed geneem om veilig te wees.

Daar is gevind dat Jordan se longfunksie net 40% was. Daarna het ‘n lang pad (wat oor amper vier jaar strek) van medikasie, hospitalisasie en gebede vir Jordan se beterskap begin.

“Ons het altyd geweet dat daar iewers groot fout was, en vanjaar is ons vrese bevestig met twee lewensveranderende diagnoses,” sê Wendy.

In Maart het die gesin verneem dat Jordan Arnold Chiari Malformasie het, ‘n toestand waar breinweefsel in die ruggraatkanaal afsak.

Toe, in Junie, het hulle die verpletterende nuus ontvang dat hy ook Sistiese Fibrose (SF) het.

Laasgenoemde is ‘n genetiese toestand wat veroorsaak dat die liggaam se slym, sweet en spysverteringsappe dik en taai word, in plaas van dun en glad. Die slym blokkeer die lugweë, wat lei tot herhalende en ernstige longinfeksies.

Al die medikasie wat Jordan daagliks moet inkry.
Jordan se oggende begin met die medikasie.

Jordan het op 12 September ‘n breinoperasie ondergaan. Dit was gelukkig ‘n groot sukses.

Wendy het wel daarin geslaag om Jordan op haar medies te kry, maar hulle dek nie al die medikasie en behandeling nie, en die fonds is nou uitgeput. Hulle spaargeld is ook reeds klaar.

“Die groot probleem waarmee ons sit is dat daar ‘n lewensreddende middel teen Sistiese Fibrose is, genaamd Trikafta, maar dit kos R33 333 per maand. Dit kan ook nie as ‘n chroniese medikasie deur die mediesefonds gedek word nie,” verduidelik Wendy.

Hoe kan die gemeenskap help?
As Jordan se storie jou hart aangeraak het, oorweeg dit asseblief om ‘n skenking te maak. Elke skenking, ongeag die hoeveelheid, sal sy stryd versterk en hom die kans bied vir ‘n gesonder, meer stabiele toekoms.

Bankbesonderhede
Rekeninghouer: Arms of Mercy NPC
Bank: Standard Bank
Rekeningtipe: Tjekrekening
Rekeningnommer: 10114699702
Takkode: 051001
Swift-kode: SBZA ZA JJ
VERWYSING: JORDAN

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button