NewsNews

Klavier maestro’s by die ERT in Sasolburg

Hierdie gaan 'n uitsonderlike vertoning vir Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers wees. Coenie de Villiers en Rocco de Villiers saam op een verhoog!

SASOLBURG – Twee van die grootste name in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, Rocco de Villiers en Coenie de Villiers span hul talente saam vir ʼn uitsonderlike vertoning op Sondag, 2 November.

Albei is bekende vermaaklikheidskunstenaars en as hul eers agter die klavier inskuif dan toor beide met die klawers.

Nou is daar die kans om hul albei tegelyk in aksie te sien. Die duo het reeds hul produksie “88” (want ʼn klavier het 88 klawers) by verskeie plekke opgevoer en nou is dit die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg se beurt.

Die vertoning bevat heelwat van beide kunstenaars se ouer treffers, maar daar is ook nuutskeppinge wat spesiaal vir die vertoning geskryf is.

Die repertoire strek vanaf boeremusiek tot by Bach, vanaf die blues tot by ballades.

Vir ʼn middag van uitstekende vermaak, kuier en musiek, bespreek jou kaartjie nou by www.ertickets.com.

Die vertoning begin om 15:00 en kaartjies kos R280 pp en R200 vir persone 60+.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button