VANDERBIJLPARK – Die VLU Alpha Tak se maandvergadering is Dinsdag, 7 Oktober opgehelder met ‘n besoek van Karin Fourie.
Sy het die dames praktiese wenke gegee oor hoe om tafels stylvol en kreatief te dek met dit wat hul reeds in hul huise het.
Vir die geleentheid het sy dan ook ‘n Kersfeestafel en ‘n verjaarsdagtafel versier en gedek.

Rina de Klerk van die VLU sê almal het saamgestem dat die tafels pragtig was en dat hul die byeenkoms baie geniet het.
Vir meer inligting oor die VLU en oor hoe om aan te sluit, kontak gerus vir Rina op 083 307 3066.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!