NewsNews

Dié projek leer almal om te herwin

Vaalpark Primêr se leerders samel elke jaar duisende proppies in vir 'n goeie doel. Lees meer...

VAALPARK – Vaalpark Primêr se proppie projek is al legendaries in die Vaaldriehoek.

Elke jaar raak die kompetisie al hoe strawwer om te kyk wie die meeste proppies kan insamel, want hoe meer proppies daar is, hoe meer rolstoele kan geskenk word.

Mackenzie Roux (Gr.4) het 221kg se doppies versamel. Foto verskaf/Nadine Herbst

Die doppies en broodknippies word aan die Sweetheart Foundation geskenk wat dit op hul beurt weer omsit in rolstoele vir behoeftiges.

Hierdie jaar se kompetisie het 16 Oktober tot ‘n einde gekom toe al die leerders hul ingesamelde doppies en broodknippies skool toe gebring het waar dit geweeg is.

Daar is 2814.08 kg se koeldrankproppies ingesamel en 56 kg se broodknippies. Graad 3 A het met die louere vir die meeste koeldrankbottel doppies weggestap, ‘n allemintige 624 kg, met graad 6E2 in die tweede plek met 306.4 kg.

Graad 3B is trots op alles wat hul ingesamel het

Graad 2E1 het die meeste broodknippies ingesamel. Hul totaal was 24,3 kg, terwyl graad 3C 10kg se broodknippies versamel het.

Elke jaar duik daar meer besondere verhale op van familie en vriende wat aangepor word om ook te help versamel.

Ruardt en Maruche Herbst het hul vriende, familie en familie se vriende al so ver om permanent doppies in te samel.

Ruardt en Maruche Herbst het 82 000 proppies ingesamel. Foto verskaf/Nadine Herbst

In 2023 het Ruardt die stryd nog alleen aangesê en 13 000 proppies in totaal gehad. In 2024 het Maruche, toe in graad 1, saam met haar boetie begin werk en hul spanpoging het 40 000 proppies as resultaat gehad.

Hierdie jaar het hul met nog groter geesdrif in geklim en hul eie verwagting oortref met 82 000 proppies.

Mackenzie Roux is in graad 4 C en al haar versamelde doppies moes met twee vol motors aangery word skool toe.

Haar doppies alleen het 221 kg geweeg.  Vaalpark Primêr bedank een en elkeen vir hul asemrowende bydra tot die projek wat reeds vroeg in die nuwe jaar begin.

Enige iemand is welkom om betrokke te raak by hierdie projek. Alco Beton, 76 Krupp str, Vanderbijlpark, is tans die enigste plek in die Vaaldriehoek waar hierdie projek se doppies en broodknippies afgelaai kan word.

Kontak hulle gerus tussen 08:00 – 15:00 van Maandae tot Vrydae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button