Local newsNewsNews

Fotokursus vir beginners

Wat die kursus besonder lekker en suksesvol maak, is dat dit deur die plaaslike Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging se pryswenner-fotograwe aangebied word.

VEREENIGING – Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging se gewilde beginnerskursus vir fotograwe word vanjaar op 29 en 30 November by die Kliprivier Country Estate, net buite Drie Riviere, aangebied.

Die kursus dek die basiese inleiding tot fotografie, soos hoe om jou kamera en toerusting optimaal te benut, asook die verskillende genres in fotografie.

Die kursus sluit ook basiese Photoshop-opleiding in. Die koste is R1 350 per persoon, wat die kursusmateriaal en ligte middagetes insluit.

Belangstellendes kan die klub voorsitter, Henk Scheepers, of Johan Brits, of Francois Roux kontak.

Henk – 072 2600513 (henks@hsattorneys.co.za)
Johan – 082 7188394 (tsawa@yebo.co.za)
Francois – 082 5723560 (froux@jbv.co.za)

Die kursus is die beste manier om te leer hoe om mooi foto’s te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button