SASOLBURG – Die boerderygemeenskap van Sasolburg is in rou gedompel na die skielike afsterwe van Tharina Terblanche.
Sy word as ‘n formidabele vrou beskryf wat met ondernemingsgees en harde werk ‘n reuse boerdery opgebou het. Sy het onder meer met beeste, mielies, sojabone en lêhenne geboer en diep spore in die landbou en mense se harte getrap het.
Die oorsaak van haar dood is in die stadium nog onbekend. – ‘n Volledige berig sal in vandeesweek se gedrukte uitgawe van Vaalweekblad verskyn.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
