NewsNews

Virna, vrou van vele talente

Van hiërogliewe tot sandblaas kuns en musiek maak, Virna geniet dit om haar passies uit te leef.

VEREENIGING – Daar was ‘n tyd wat Virna Vermeulen ‘n dokter wou word. Sy het selfs die kans as tiener gekry om in ‘n hospitaal te werk.

Dit het alles goed gegaan totdat sy in die teater moes uithelp. Al die bloed en goed was net te veel vir haar en sy het flou geword. Dit was die einde van haar doktersdrome.

Nie dat sy haar daardeur laat onderkry het nie. Musiek was altyd in haar bloed en sy kan nie net sing nie, sy kan ook dromme speel.

‘n Loopbaan daarvan maak kon sy nie, want Virna kry stage fright as sy voor ‘n gehoor moet optree. Dis toe dat sy met die kuns van sandblaas begin het.

Van glasies tot groot vensters het sy met hope geduld en passie begin versier. Die een ding het gely tot ‘n ander en vandag hou dit haar voltyds besig.

Onlangs het sy weer die trofeë vir die SACMAF toekennings gemaak. Ragfyn en pragtig, spog haar handewerk nou dwarsoor die land in vele sangers se huise.

Nie dat sy musiek heeltemal laat skuinslê het nie. Sy is steeds aktief by SACMAF betrokke wat Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek bevorder.

Oor, veral die Vaaldriehoek se Country sangers kan sy nie uitgepraat raak nie. “Hulle is almal talentvol en sit soveel werk in. Dit was regtig lekker om te sien hoeveel toekennings hulle by die SACMAF Gala-aand ontvang het,” vertel sy.

Sy omring haarself met alles waarvan sy hou en in haar huis sal jy enige iets kry, van ou Egiptiese papirusrolle, tot by vorige SACMAF toekennings.

In die een hoek van die kuier/kroeg hoekie is ‘n pilaar besig om stadig maar seker met hiërogliewe gevul te word. Verder het sy ook groenvingers en is lief vir tuinmaak.

Virna hou daarvan om alles self te doen en sal nie maklik ‘n taak delegeer nie. As daar ‘n tyd is wat sy sou terugkry dan is dit haar kinderjare waar almal op die groot plaasstoep naby Viljoendrift bymekaargekom en musiek gemaak het.

Maar, vir eers hang haar laaste dromstel se simbaal teen die muur, tussen haar kitare, en fokus sy op haar sandblaas kunswerke.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button