VANDERBIJLPARK – Die HS Driehoek se dogterkrieketspan is vir die tweede opeenvolgende jaar as die Sedibeng-kampioen gekroon nadat hy sy aartsvyand die HS Transvalia oortuigend in die eindstryd geklop het.
Valia het eerste gekolf en 59/7 in 20 beurte aangeteken waarna die Hoekies slegs 8.3 beurte nodig gehad het om die wenlopies aan te teken vir die verlies van slegs een paaltjie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
