SASOLBURG – Nataniël het geen bekendstelling nodig nie. Vir 38 jaar vermaak hy mense al met sy sang, unieke styl van verhoogverhale en dan natuurlik sy uitsonderlike kostuums.
Op 9 November maak hy weer ‘n draai by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg.
Die produksie heet Nataniël in Concert, met hoogtepunte uit sy laaste groot verhoogproduksies en ’n retrospektiewe blik op van die snaakste stories in Afrikaans en Engels.
Bekende pianis Charl du Plessis sal die klavierbegeleiding tydens die eenmalige uitvoering doen.
Nuwe kostuums deur Nataniël se ontwerper, Floris Louw, word spesiaal vir die geleentheid onthul, asook Nataniël se nuutste boek en Charl se nuutste CD.
Die vertoning begin om 15:00 en kaartjies kan aanlyn bespreek word by seatime.co.za of kan by Herman van Niekerk gekoop word.
Skakel of WhatsApp hom by 083 228 2917. Die vertoning duur 90 minute. Geen kinders onder 13 word toegelaat nie.
