Local newsNewsNews

Daredevil Run meer as net oulike pers speedos

VANDERBIJLPARK - Die pers golf het die Vaal en SA gister getref. Duisende 'daredevils' het die strate ingevaar as deel van kankerbewusmaking onder mans, in besonder prostaat- en testikulêre kanker.

Ook hier in die Vaal was daar baie ondersteuning in SW5, Vanderbijlpark en by die Riverstone Mall in Meyerton.

Dit was die 16e Hollard Daredevil Run en die honderde streeksdeelnames bewys dat die Hollard Daredevil Run groot impak het en die boodskap van vroeë opsporing baie aandag geniet.

“Verlede jaar het ons 1 000 PSA-toetse uitgevoer, 649 gesondheidsorgpersoneel opgelei en uitreikprogramme in landelike en onderbediende gebiede aangebied. Hierdie befondsing is werklik lewensreddend, aangesien dit ons in staat stel om mans, sowel as hul gesinne, op te voed, en te ondersteun om beheer oor hul gesondheid te neem,” sê Lorraine Govender, Nasionale Bestuurder: Gesondheidsprogramme by KANSA.

Van die dapper manne wat die 16e Daredevil Run ondersteun het.

“Die ikoniese pers Daredevil swembroek het ‘n simbool van hoop geword. Ons kon nie trotser wees op die impak wat dit het om vroeë opsporing aan te moedig en uiteindelik lewens regoor Suid-Afrika te red nie,” sê Andrew Oberholzer, HUB van die Prostaatkankerstigting van Suid-Afrika.

“By Hollard glo ons dat ons, deur bewusmaking te skep, vroeë opsporing kan aanmoedig en ‘n werklike verskil kan maak in die redding van lewens,” sê Hazel Chimhandamba, Groep Hoofbemarkingsbeampte by Hollard.

In Suid-Afrika is die risiko dat mans testikulêre kanker ontwikkel ongeveer 1 uit 1 750, en dit bly een van die mees algemene kankers wat mans tussen die ouderdomme van 15 en 49 aantas.

Prostaatkanker eis elke jaar die lewens van duisende Suid-Afrikaanse mans.

Internasionale data toon dat ongeveer 1 uit 4 swart mans met prostaatkanker gediagnoseer sal word teenoor 1 uit 8 wit mans.

‘n Eenvoudige bloedtoets kan PSA-vlakke meet, wat kan help om prostaatkanker vroeg op te spoor.

Beide prostaat- en testikulêre kanker is hoogs behandelbaar wanneer dit vroeg gevang word.

Die pretloop is met geesdrif aangepak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button