VANDERBIJLPARK – LC Lubbe is net in graad 1, maar hy ry al motorfiets vandat hy drie jaar oud is.
Veldfiets waar hy op grondpaaie kan ry en met sy 50cc oor hobbels kan spring.

Dit loop in sy are, want sy pa, nefie en oom ry ook. Einde September het hy aan die Overland XC Series, rondte 1 in Bronkhorstspruit deelgeneem.
Hy het die veld met durf en deursettingsvermoë aangedurf en ‘n eerste plek behaal.
LC sê hy het ‘n trofee gewen en die hele dag baie geniet. Die jong kampioen is glad nie bang vir val nie en het te vertel dat hy van plan is om nog baie lank motorfiets te ry.

Hy oefen meestal oor naweke wanneer daar nie kompetisies is nie.
Naas motorfietsry geniet hy dit ook om skool toe te gaan en is in Laerskool D.F Malherbe.
Hy het hierdie jaar krieket begin speel en verkies dit om te kolf.
