NewsNews

Plaaslike skoonheid op pad na internasionale kompetisie

Sherlain Holms het nog altyd dinge ietwat anders gedoen. Sy droom groot en is 'n rolmodel vir jong mense. Nou het sy 'n kans om 'n droom te verwesenlik.

VEREENIGING – Sherlain Holmes is onlangs aangewys as Miss Aesthetic South Africa.

Met die titel agter haar naam gaan sy Suid-Afrika in die eerste week van Desember by Miss Aesthetic International 2025 verteenwoordig.

Die kompetisie vind in Indonesië plaas en vir Sherlain is dit ‘n droom wat waar geword het.

Sy het nog altyd hard gewerk en al aan verskeie skoonheidskompetisies deelgeneem. Hierdie is die eerste keer wat sy die kans kry om SuidAfrika te gaan verteenwoordig.

Sy sê dis ’n wêreldwye skoonheids- en welstandskompetisie wat nie net fokus op uiterlike skoonheid nie, maar ook op gesondheid, welstand en persoonlike ontwikkeling.

Die kompetisie beklemtoon holistiese skoonheid, wat insluit selfvertroue, intelligensie en die vermoë om ander te inspireer deur jou storie en leefstyl.

Deelnemers van regoor die wêreld kom saam om selfversorging, gesondheidsbewustheid en kulturele uitruiling te bevorder, terwyl hulle ook hul talente, sosiale impakprojekte en persoonlike styl demonstreer.

Die kompetisie beklemtoon beide innerlike en uiterlike skoonheid, en moedig deelnemers aan om rolmodelle vir welstand, bemagtiging en positiewe invloed in hul gemeenskappe te wees.

Dit is meer as net ’n tradisionele skoonheidskompetisie dit is ’n platform vir vroue om hul passies te deel, saak te bevorder en hul land internasionaal te verteenwoordig.

Vaalweekblad wens haar alle voorspoed toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button