SASOLBURG – Nataniël se eenmalige vertoning Sondag, 9 November by die Etienne Rousseau Teater was uitverkoop, maar teaterbestuurder Herman van Niekerk het laat weet daar is ʼn handvol ekstra kaartjies nou beskikbaar.
Die kaartjies kan bespreek word by www.ertickets.com teen R240 per persoon. Die vertoning begin om 15:00 en beloof om 90 minute van tipiese Nataniël topklas vermaak te bied.
Nataniël deel die verhoog met die pianis Charl du Plessis vir hierdie enkele uitvoering.
Nuwe kostuums deur Nataniël se ontwerper Floris Louw word spesiaal vir die geleentheid onthul, asook Nataniël se nuutste boek en Charl se nuutste CD. Geen kinders jonger as 13 word toegelaat nie.
