Local newsNewsNews

Groot pret vir jou en jou viervoetkind

Behalwe vir die geleentheid om jou geliefde viervoet te laat chip teen slegs R150 per hond, sal daar meer as genoeg vermaak vir die hele gesin wees hierdie Saterdag.

VANDERBIJLPARK – Groot pret wag op hondeliefhebbers. ‘n Spesiale Vaalpets Pret-uitstappie vind op 8 November by die Emerald Resort en Casino plaas.

Registrasie vir die pret uitstappie begin om 8:30 en die uitstappie self om 9:30.

As jy nie jou eie viervoet wil bring, of een het nie, sal daar verskeie honde van Vaalpets wees wat gereed staan om die leemte te vul.

Inskrywings is slegs R50 en R20 vir kinders onder 12 jaar. Die honde neem natuurlik gratis deel.

Die eerste 50 inskrywings kry ‘n gratis goodie bag, maar al die honde sal ‘n bandana ontvang.

Al die geld wat ingesamel word gaan aan Vaalpets om hul onbaatsugtige diens te kan voortsit. Daar sal ook heerlike pannekoek, cupcakes en koffie te koop wees. Dierevriendelik pup cups sal ook te koop wees.

Om die dag te onthou sal daar fotosessies wees vir hond en eienaar teen slegs R25 per foto.

Onthou asb dat slegs kaart-betalings op die dag aanvaar sal word. Daar sal wel kontant aanvaar word vir die kinderspeletjies en skoen versierings.

Irene Britz (regs) die organiseerder van die dag, en eienaar van Vlooi En Bosluis Taxi en haar span sal daar wees om honde te was en toonnaels te knip teen spotgoed pryse vir die dag. Net R30 per was en R10 om naels te knip.

Daar is natuurlik ook verskeie kompetisies waarin jy jou woef kan inskryf. Inskrywings is R50 per hond, per kategorie:

Hond en eienaar look-alike
Grootste hond
Kleinste hond
Lawaaierigste hond

BELANGRIK

Alle honde is welkom, maar moet vir veiligheidsredes aan ‘n leiband wees. As jou hond nie juis vriendelik is nie, hou hulle weg van ander besoekers en hul honde, en dra iets rooi om dit aan te dui.

Dit is ‘n 3 km uitstappie, wees dus bewus van jou hond se vermoë om dit te kan doen of maak verdere voorsiening.

Vir meer inligting of om vooraf kaartjies te koop kan Irene by 084 455 2147 gekontak word.

Die bankbesonderhede vir betalings is:
Vaalpets dog walk
Capitec
Spaarrekening
Rekeningnommer: 1946464358
Takkode: 470010
Verwysing: Jou naam en selfoon nommer
Stuur bewys van betaling aan Irene by 084 455 2147

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button