Local newsNewsNews

‘n Droomrit om loopbaan af te sluit

Die indrukwekkende duo, Winnie en haar 23-jaar oue Fries-Nooitgedacht merrie, het behoorlik die toekennings ingeryg.

MEYERTON – Die 51-jarige Winnie Woolard het onlangs bewys dat passie en ‘n lewenslange band met ‘n perd meer tel as formele lesse.

By die SAWMGA Nasionale Kampioenskap 2025 (gehou in Oktober by die AfriDome in Parys) het sy en haar getroue metgesel, Zeena the Princess Warrior, skoonskip gemaak om as Algehele Wenner in die Veterane Vlak 1-afdeling gekroon te word.

Winnie en Zeena met al hul toekennings. Foto: Veskaf

Hulle het ‘n 1e plek, 2e plek, vier 3e plekke, ‘n 4e plek en ‘n 5e plek in die onderskeie Western Mounted Games-speletjies behaal.

“As kind was ek reeds baie lief vir perde. As ons by vriende op ‘n plaas in Reitz gekuier het, het ek die vlaktes plat gery,” vertel Winnie. As jong volwassene net uit die skool, het sy besluit dis tyd dat sy haar eie perd kry. Sy het deur die jare ‘n paar perde gehad.

Haar en Zeena se avonture het in 2008 begin. Zeena was toe ses jaar oud. “Dit was love at first sight. Ons het net geclick,” onthou sy.

Winnie en Zeena het hul deelname aan perdesport op ‘n hoe noot afgesluit. Foto: Verskaf

Die duo het eers in 2017 aan Western Mounted Games begin deelneem en met die intrapslag met ‘n derde plek huiswaarts gekeer.

Tussendeur was daar die pandemie en werk oorsee. Vanjaar het Winnie besluit om vir die laaste keer aan die kompetisie deel te neem, want volgende jaar moet sy ‘n rugoperasie ondergaan.

Sy is gewaarsku dat sy daarna nie weer perd mag ry nie.

Zeena the Princes Warrior.

“Zeena is ook nie meer jonk nie, so die tyd het aangebreek vir haar om af te tree,” verduidelik Winnie met weemoed.

Zeena se aftrede is reeds gereël. Sy sal op ‘n plaas in Warden, saam met nog ‘n perd van Winnie, haar welverdiende rustyd geniet ná ‘n loopbaan wat bewys het dat drome deur deursettingsvermoë en ‘n uitsonderlike band tussen ruiter en perd verwesenlik kan word.

Die duo het vir die Cavalo Felice Klub in Meyerton gery, wat onder Sedibeng en Gauteng val.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button