Local newsNewsNews

Werknemer in hegtenis geneem na onwettige kragaansluiting

Hierdie is beslis nie die eerste onwettige kragaansluiting wat in Emfuleni plaasvind nie.

Die VF Plus waarsku inwoners van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (ELM) om nie by die praktyk van onwettige kragaansluitings betrokke te raak nie.

Die waarskuwing volg na ‘n werknemer van ʼn kontrakteur is onlangs in hegtenis geneem nadat hy na bewering besig was om krag onwettig aan te sluit.

Dié verdagte van Zimbabwe het egter op ʼn aanklag van onwettige immigrasie in die hof verskyn en nie ook op ʼn klag vir die onwettige kragaansluiting nie.

“Kontrakteurs moet seker maak dat werkers ʼn behoorlike keuringsproses ondergaan alvorens hulle aangestel word.

“Onwettige immigrante, soos in dié geval, kan nie toegelaat word om by kontrakteurs van die munisipaliteit te werk nie,” sê raadslid Gerda Senekal van die VF Plus.

Die metro ondersoek vier diensverskaffers wat in beheer was van die aan- en afskakeling van elektrisiteit. Hulle is tydelik geskors totdat die ondersoek afgehandel is.

Onwettige kragaansluitings benadeel dienslewering in Emfuleni en belemmer invordering wat noodsaaklik is vir die instandhouding van infrastruktuur.

“Die  munisipaliteit moet ferm optree teen kontrakteurs wie se werkers hulle aan onwettige kragverbindings skuldig maak en moet hul kontrakte onmiddellik te beëindig,” sê Senekal.

“Die party is ʼn voorstander van nakoming van die wet en moedig inwoners aan om hul diensterekeninge stiptelik te betaal, sodat hulle nie in situasie beland waar hul kragtoevoer weens wanbetaling onderbreek word nie,” sluit Senekal af

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button