NewsNews

Ons weet wat ons weet

Fonteine Primêr in Sasolburg se juniors is ‘n lewendige groepie wat nie kon wag vir Gerda Bruinette om hulle te vra waarvan hou hulle die meeste nie, skool of vakansie?

Jacques Kotze Vakansie, want dan kan ek lekker speel en by oupa en ouma gaan kuier. Ons kan saam bal skop, TV kyk en ek lees ook boeke. Ek lees die FAK liedjiesboeke.

Jacques Kotze

Mogau Mangale Vakansie, want dis lekker speel en by die huis bly en ek kan rugby buite speel.

Mogau Mangale

Nika Saayman Skool, want dis eintlik lekker om te leer en huiswerk te doen. Ek lees skoolboeke.

Nika Saayman

Leroique Swarts Vakansie. Ek kan by die huis bly en TV kyk en met my maats speel.

Leroique Swarts

Paisley Heidenrich Vakansie. Ek hou van om te swem en bietjie weg te kom van my boetie af. Dan kan ek by my pa, ma en ouma gaan kuier. Ons kamp en ons braai.

Paisley Heidenrich

Nadine Opperman Vakansie, want dan kan jy tyd saam met jou familie spandeer. Dis baie lekker. Die vakansie wat kom gaan ons see toe vir drie dae en dan gaan ons op ‘n boot klim.

Nadine Opperman

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: [email protected]
Back to top button