VANDERBIJLPARK – Die Vaal Voëlklub het elke maand ‘n byeenkoms waar hulle verskillende sprekers kry om interessante onderwerpe met betrekking tot voëls te bespreek.
Op 17 November gaan voëlkenner en skrywer Hennie de Klerk gesels oor, ‘n Kenia avontuur: voëls en miskruiers.

Enige een is welkom om die bespreking by te woon. Dit word by die Palms Aftreeoord te Vaal Drive, Sylviavale, gehou en begin om 19:00. Toegang is gratis.
Dan het die klub ‘n jaareindfunksie op 15 November op ‘n plaas waar daar onder andere ook na voëls gekyk gaan word.
Mense wat belangstel om lid van die aktiewe klub te word, kan vir Rina de Klerk skakel. Haar nommer is 082 626 6990.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
