Local newsNewsNews

Vuurwarm aksie in finaal van SA Hotrod-toer

Daar was soos verwag kon word met so vol veld, 'n ongeluk tydens die finaal, maar niemand is ernstig beseer nie.

VEREENIGING – Daar is met groot afwagting uitgesien na die finaal van die SA Hotrod-toer wat verlede Saterdag by Ultimate Outlaws gehou is, en die land se top renjaers het aan alle verwagtinge voldoen.

Kosie Weyers het al die pad van die Kaap gekom om die wenvlag en titel voor ander aanspraakmakers weg te raap.

Kosie Weyers is met die wenvlag.

Daar was ook iets anders as gewoonlik te sien, met nege deelnemers wat in die Flexi-klas deelgeneem het.

Die ander afdelings van die aand het ook vir heelwat vermaak gesorg.

Jason White. Foto’s: Elsje Vermeulen

Die wenners van die onderskeie klasse is:

Ninja Rookies – 1. Amore du Plessis, 2. Charni Paiva en 3. Joshua Strydom

Nina Midgets – 1. Jason White, 2. Ashleigh Saayman en 3. Kyle Saayman

Junior Development – 1. William Budler, 2. Jordan Ray van Dyk en 3. Nico Jayden Blignaut

StockRods – 1. Waldi Henning, 2. Louis Nel en 3. Stephan Nagel

1660cc – 1. Kyle Joubert, 2. Spanner Pretorius en 3. Eugene Schoeman

Tin Tops – 1. Riaan Venter, 2. Eduan Nell en 3. Tienie Nieuwoud

2L Hotrods – 1. Tokkos Joubert, 2. Francois du Toit en 3. Johann du Toit

Sprints – 1. Stephan Fouche, 2. Quintin Saayman en 3. Cyril Jacobs

* Die laaste byeenkoms van die jaar is op 6 Desember. Daar sal ‘n vuurwerkvertoning wees. Hekke sal reeds om 14:00 oopmaak.

Aksie in die StockRods. Links is die voorkant van Happy Mhlambi se renmotor, in die middel is Ruaan Erwee, en aan die buitekant is Louis Nell. Foto: Elsje Vermeulen
Hanie Havenga van Vanderbijlpark in aksie in die 1660s.
Tokkos Joubert op pad na nog ‘n oorwinning in die 2L Hotrods.
Aksie in die Flexi-klas.
Eduan Nell in aksie in die Tin Tops.
Claudette Swanepoel in aksie in die Ninja Midgets.
Johan Strydom in aksie in die Sprints.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: [email protected]
Check Also
Close
Back to top button