NewsNews

Emmies besoek Wonderland

Leerlinge sprankel op die verhoog

VANDERBIJLPARK – Die Laerskool Emfulenipark het in die haasgat afgetuimel en Wonderland tydens sy jaarlikse Mnr. en Mej. Emmieskompetisie besoek.

Die spogaand het oud en jonk met ‘n uitsonderlike produksie van klank en kleur bederf.

Die wenners in die senior afdeling vir seuns.
Die wenners in die junior afdeling vir seuns
Die wenners in die junior afdeling vir dogters. Foto’s: Ettienne van Rensburg

Na ‘n noukeurige uitdunproses is die beste juniors en seniors toegelaat om hulself op die verhoog uit te leef. Benewens die onderhoudsessie het die kandidate in skooldrag en temadrag geleentheid gekry om die beoordelaars te beïndruk.

Die beoordelaars moes lekker kopkrap om die finaliste aan te wys. Na die vraag- en antwoordsessie het hulle Salomo se Wysheid aan die dag gelê om die wenners aan te wys.

In die junior-afdeling het die fraaie Gia Diab en Wian Nortje onderskeidelik met titel as Mej. en Mnr. Emmies junior weggestap.

In die seniorafdeling was die mededinging net so straf, maar Alexander du Plessis en Caylin McPherson het uiteindelik die krone voor hul teenstanders weggeraap. Alexander se sege was bittersoet deurdat hy die titel voor sy broer Logan se neus weggeraap het, wat as eerste prins gekroon is.

Die wenners en naaswenners van die Mnr. en Mej. Emmies 2025 is: Mej. Emmies Jnr Wenner – Gia Diab, Mej. Emmies Jnr 1ste prinses – Tholoana Mokhatla Mej. Emmies Jnr 2de prinses – Mapuso Tshabalala, Debutant Wenner – Ru-Ané Mouton en Mej. Emmies Fotogenies Jnr – Chloe van Aswegen.

Mnr. Emmies Jnr Wenner – Wian Nortje, Mnr. Emmies Jnr 1ste prins – James Horne, Mnr. Emmies Jnr 2de prins – Junior Sprinkaan en Mnr. Emmies Fotogenies Jnr – Kai Clifton-Smith. Mej. Emmies Snr Wenner – Caylin McPherson, Mej. Emmies Snr 1ste prinses – Minay de Villiers, Mej. Emmies Jnr 2de prinses – Marianke Luus, Debutant Wenner – Mia Janse van Nieuwenhuizen en Mej. Emmies Fotogenies – Zoey Jacobs.

Mnr. Emmies Snr. Wenner – Alexander du Plessis, Mnr. Emmies Snr 1ste prins – Logan du Plessis, Mnr. Emmies Snr 2de prins – Rocco Kapp, Debutant Wenner – Marcus Janse van Nieuwenhuizen en Mnr. Emmies Fotogenies – Reuben Nolte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: [email protected]
Back to top button