NewsNews

Honde en hul dinge by Vaalpets se Pret dag

Daar was 'n mengelmoes van honde by Vaalpets se fondinsamelingsdag. Die fikses het die pretloop voltooi, die ander het geduldig vir die kompetisies gewag.

VANDERBIJLPARK – Saterdag is daar ‘n Pretloop en algemene pret dag ten bate van Vaalpets by die Emerald Resort & Casino se parkeerarea gehou.

Nadat die honde en hul eienaars die lang pad aangedurf het, was dit tyd vir die kompetisies.

Eerste aan die beurt was om te kyk watter hond en eienaar lyk die naaste aanmekaar.

Nicolai Wates en sy hondjie, Mimi.

Die kompetisie was straf en dit het die drie beoordelaars ʼn rukkie geneem om te besluit dat Francois Swanepoel en sy Cody die meeste op mekaar trek.

Francois Swanepoel en Cody

Die volgende kompetisie was om die grootste hond te bepaal. Hier Jade met ʼn stertswaai kop en skouers bokant die res uitgetroon en is sy beloon met die eerste prys.

Melody van der Merwe se Jade het met die prys vir die grootste hond weggestap

Daarna moes die beoordelaars kopkrap oor watter hond was die kleinste. Uiteindelik kon hul nie anders as om die agt weke oue, Oepsie as die kleinste en jongste in die kompetisie te kroon nie.

Oepsie se sussie se naam is Daisy, so saam heet hul Oepsie-Daisy volgens hul mense pa, Kobus Esterhuyse.

Kobus en Nadine Esterhuyse se agt-week oue Oepsie is as die kleinste en jongste hond aangewys.

Die laaste kompetisie was om te bepaal watter hond is die lawaaierigste.

Luna het nie enige pryse gewen nie, maar het almal se harte gesteel met haar vriendelike geaardheid. Hier rus sy bietjie saam met Adonel Wates.

Om skielik die middel van belangstelling te wees, het ʼn paar honde skielik doodstil gelaat.

Hunter het egter nie op hom laat wag nie en vir almal gewys hy kan en sal blaf en aanhoudend ook.

Die wenhonde is almal beloon met groot pakke vol allerhande lekkernye.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: [email protected]
Back to top button