Local newsNewsNewsSensitive Content
Nog ‘n bedelaar by kruising raakgery
WEES GEWAARSKU! NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE. - Mens sien die bedelaars daagliks by die onderskeie kruisings, en mens vrees voortdurend dat hulle raakgery gaan word.
VANDERBIJLPARK – Die nuuste voorval is minder as twee maande nadat Colleen Coleman (52) by die Vaal Mall-kruising in Barrageweg doodgery is.
Gister (Saterdag, 8 November) se ongeluk het twee kruisings verder, oorkant Die Palms-sentrum in Barrageweg gebeur.
Die gryskop-man wat daagliks daar bedel is omstreeks 14:15 deur ‘n voertuig getref.
Hy is op die toneel behandel vir onder meer ‘n ernstige kopwond en is in kritieke toestand na die Sebokeng Hospitaal geneem.
Geen van sy familielede kon tot dusver gekontak word om te hoor hoe dit met hom gaan nie.
Indien iemand meer inligting kan verskaf, kontak [email protected]

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
