Local newsNewsNews

Storme woed onder top foto’s

Puik foto's was weer aan die orde van die dag tydens die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging se maandelikse klubbyeenkoms.

VANDERBIJLARK – Die maandtema was “Sport” en Renée Storme se Chasing the ball was die wenfoto.

Renée het ook vir die wenfoto van die aand gesorg met haar foto Leopard and the moon wat in die ope-afdeling ingeskryf was.

Renée se wenfoto van die aand, “Leopard and the moon.”

Die wenners van die ander afdelings is:

Aanlyn inskrywings – Johan Joubert se Berghaan pronk

Selfoonfoto’s – Suzy Louw se Semonko

Monochroom – Neville Hein se Jordan 1

Neville Hein se “Jordan 1”.
Johan Joubert se “Berghaan pronk”.

November is ‘n hoogtepunt op die klub se kalender. Dit is hul jaarafsluiting met ‘n Veelsydigheidskompetisie waar lede vyf fotos uit ‘n keuse van nege kategorieë kan inskryf.

Kategorieë sluit in landskappe, argitektuur, portrette en kreatiewe fotografie tot makrofotografie en sport. Hierdie kompetisie neem amateur fotograwe uit hul gemaksone.

Gesoute beoordelaars van Krugersdorp is gevra om die wenners in die nege kategorieë aan te wys.

Enige belangstellende persoon is welkom om by die klub aan te sluit. Kontak Johan Brits by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za vir inligting.

Besoek die klub se webtuiste: www.vdbp-photo.co.za of Facebook VdbpPhotoClub waar daar gereeld interessante wenke en foto’s opgelaai word.

Suzy Louw se “Semonko”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button