Local newsNewsNews

She Leads: Vroue is onmisbare leiers!

Vroue konferensie opgesom as diep, invloedryk, bemoedigend en verbindend.

PONT DE VAL – Die She Leads Vroue Konferensie was ’n groot sukses, met sowat 215 vroue van verskillende agtergronde en gemeenskappe wat die dag (31 Oktober) saam geniet het.

Donna-Lee Roberts was die hoofspreker, saam met ’n reeks kragtige vroue van regoor Gauteng, elk ’n spesialis in hul veld.

’n Inspirasie-verrykte paneelbespreking met ses vroue het eerlik die werklikhede van vrouwees aangeraak – hul uitdagings, suksesse, vrese en twyfel.

Meyerton se Danelle Dreyer in goeie luim tydens die vroue konferensie. Foto’s: Elsje Vermeulen

“Die kernboodskap was duidelik: Vroue is leiers nie net in besigheid nie, maar in hul huise, kerke, skole, gemeenskappe en elke ruimte waar hulle dien en bou.

“Ons wil graag vroue laat voel het hulle is nie alleen nie. Wat hulle dink hulle alleen deurmaak, gaan ander ook deur. Ons moet net uitreik na mekaar,” verduidelik Colette Botha (gasvrou).

Die terugvoer oor die vroue konferensie spreek boekdele, met baie wat reeds vra na die volgende datum.

“Ons het ons doelwitte bereik en sal sonder twyfel weer ’n She Leads-geleentheid in 2026 aanbied,” belowe Colette.

Verskeie verkopers en besighede het die dag ondersteun en die geleentheid gebruik om hul handelsmerke uit te stal.

Mariska Jooste (links) van Sasolburg en Joy-Ann Stapelberg van Meyerton, saam met Danelle Dreyer.
Verskeie verkopers en besighede het die geleentheid gebruik om hul handelsmerke uit te stal.
Die gaste het ‘n heerlike middagete saam geniet, voordat daar met die konferensie voortgegaan is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: [email protected]
Back to top button