Local newsNewsNews

SPL-ondersteuners bring die gees

Met ondersteuning soos hierdie langs die veld kan mens net presteer

VANDERBIJLPARK – Die Sedibeng Premier-liga (SPL) vier vanjaar sy 11de verjaarsdag. Baie dinge het in hierdie tydperk verander, maar een ding bly onveranderd: Die gees langs die veld. Die T20-toernooi vir o11 en o13-krieketspanne is ‘n instelling en hoogtepunt op die laerskole sportkalender. Maar dis nie net die spelers wat uithaal en wys nie.

Twee hennetjies en ‘n haan! Estee en Janke Bergh van die Casa Roosters geveer en gereed om hul span te ondersteun.

 

Estee Bergh van die Casa Roosters is geveer en gereed om haar span te ondersteun.
Monique le Roux saam met haar Smurfgenote.

Die ouers en ondersteuners maak geen geheim waar hulle krieketlojaliteite lê nie. Vanjaar was daar selfs ‘n paar Pappa Smurfs, Casa de Gallo hoendertjies en kraaie en pienk tutu-rompe langs die veld te bespeur. Saterdag 8 November het die eindstryde van die reeks op die Hoërskool Transvalia se velde plaasgevind. – Kyk uit vir die wedstrydverslag en nog pragfoto’s in Vaalweekblad en Ster.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button