NewsNews

Toy Run: Merk solank 30 November

Dis 'n jaarlikse instelling en hierdie jaar vind die 30ste Toy Run op 30 November plaas.

VANDERBIJLPARK – 30 November is die groot dag vir Centurions Mc Vaal se 30ste Toy Run.

Die dag word aangebied in samewerking met Wingmates MC en Afriforum. Hierdie jaar vertrek die konvooi motorfietse, gelaai met speelgoed, vanaf Hoff’s Place. Dis geleë by die Old Rafters @Golden Goose, Saspark Sentrum.

2023 se hoop speelgoed wat hul weg na minderbevoorregte kinders gevind het.

Motorfietsryers wat saam met die konvooi wil ry moet sorg dat hul 10:00 daar is. Vandaar sal die motorfietse, gelaai met geskenke, hul weg vind na die Centurions Mc se klubgronde in Shakespearstraat, Vanderbijlpark.

Almal is welkom om in die dag se pret te kom deel. Toegang is gratis, maar hul vra dat almal ‘n speelding en nie-bederfbare kos sal saambring. Seep, tandepasta en ander toiletware is ook welkom so wel as skryfbehoeftes.

Die plakkaat met al die nodige nommers en inligting. Foto verskaf/Mc Vaal Facebook

Die dag beloof om weer plesierig af te loop met hope eet en -drinkgoed, musiek en sommer net pret.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button