Local newsNewsNews

Hoekies pronk by G20-beraad

Gaan voor wêreldleier optree

VANDERBIJLPARK – Terwyl die hele land gons oor die G20-beraad wat in Johannesburg plaasvind het die Vaaldriehoek in die stilte ‘n houtjie op die vuur gegooi.

‘n Groot eer het die Hoërskool Driehoek te beurt geval deurdat sy “cheerleaders” aanstaande week in Pretoria by die Waterkloof Lugmagbasis vir wêreldleiers gaan optree.

Die HS Driehoek se “cheerleaders” is ‘n ge-oliede masjien.
Die Hoekies bring die gees!

Chantelle Kriel van CK Dance Project wat die Hoekies se geesvangspan afrig, het gisteraand die brokkie nuus in die Etienne Rousseau tydens haar dansskool se jaarlikse optrede bekend gemaak.

“Dit voel nog onwerklik. Dit kom van die Here,” het sy na die optrede by navraag gesê.

Die waterkloof lugmagbasis is saam met OR Tambo en Lanseria as die sleutel lughawens geïdentifiseer om die vloot vliegtuie wat wêreldleiers na die beraad bring te akkommodeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button