NewsNews

Vaaldriehoek Kunstefees vier uitnemendheid met gala-aand

Die organiseerders van die Vaaldriehoek Kunstefees het veterane in die bedryf vereer deur wisseltrofees aan jongmense na hul te benoem.

VANDERBIJLPARK – Die Vaaldriehoek Kunstefees is elke jaar ‘n hoogtepunt, met oud en jonk wat hul passie vir kuns en kultuur daardeur kan uitleef.

Hierdie jaar het die organiseerders ‘n stappie verder gegaan. Hulle het mense wat al jare diep spore in die Vaaldriehoek trap vereer deur toekennings na hulle te vernoem wat na dese jaarliks aan jongmense wat skitter toegeken sal word.

Die toekennings is tydens ‘n spog geleentheid by die Emerald Resort & Casino oorhandig.

Professor Linda du Plessis, adjunk vise-kanselier van die Noordwes-Universiteit, is vereer vir haar lewenslange toewyding aan opvoeding en die kunste.

Die Prof Linda du Plessis-toekenning vir die Vokale afdeling is aan die afrigters van die Laerskool Midvaal koor, Hardi Farrell en Jeanmari Ferreira, oorhandig.

Dr. Elizna Steenkamp beywer haar met ‘n liefdevolle gesindheid om die pad na kinders se harte deur musiek te vind.

Die Dr. Elizna Steenkamptoekenning vir die Instrumentale Afdeling, is toegeken aan Vincent en Michael van Schalkwyk.

Elise Tempelhoff is ‘n vrou wat bekend is daarvoor dat sy jare lank die gemeenskap inlig, bewus maak en opvoed. Sy laat die waarheid in ink seëvier en so inspireer sy jongmense met die waarde van die woordkuns as magtige wapen.

Die Elise Tempelhoff-toekenning vir Kreatiewe Skryfwerk is toegeken aan Liezel Fourie.

Maggie van Schalkwyk is ‘n bekende gemeenskapsleier in kunskringe. Haar sentrum, Healing Arts, is ‘n plek waar oud en jonk hul kreatiwiteit kan uitleef.

Die Maggie van Schalkwyk-toekenning vir Visuele Kuns is aan Charissa van Rensburg toegeken. Maarten van Helden is vereer met die Veelsydigheidstoekenning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: [email protected]
Check Also
Close
Back to top button