NewsNews

Besondere blik op SA se geskiedenis

Leer meer oor die Voortrekkers, die Anglo-Boereoorlog en die goedere wat ons grootjies gebruik het om alledaagse dinge te doen soos strykwerk en boontjiekerf met 'n baie ou boontjiekerwer.

VILJOENSDRIF – Ds. Jan de Man het ‘n groot voorliefde en belangstelling in Suid-Afrika se geskiedenis vanaf 1652.

Hy het oor die jare vele boeke, dokumente, seëls en antieke gebruikware versamel.

Onlangs het hy besluit om weer bietjie deur sy versameling te gaan en die gedagte het ontstaan om ʼn uitstalling daarvan in die NG Kerk Viljoensdrift se kerksaal te hou.

Daar is iets van alles om te sien, van ʼn antieke koffiemeul, tot by ʼn boontjiekerwer uit die 1880’s.

Briewe uit die Anglo-Boereoorlog, lepels gemaak deur krygsgevangenes op Ceylon, ou munte van Koningin Victoria se tyd en selfs ‘ʼn hele boek met koerantuitknipsels van baie lank gelede.

Oor elke stuk kan Jan ‘n storie vertel, van die rol wat Veldrif in die Anglo-Boereoorlog gespeel het en hoe Generaal de Wet die brug oor die Vaalrivier opgeblaas het tot by hoe lank mens moes karring om melk en room te skei.

Om die uitstalling te besigtig is gratis en sal nog tot Donderdag oop wees vir die publiek. Kontak gerus vir Jan op 082 784 2350

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button