VANDERBIJLPARK – Die dae is verby wat ‘n graad 1t’tjie vir die eerste maal met die groot skool kennis gemaak het aan die begin van die jaar.
Behalwe dat die meeste graad RR en graad R doen by die laerskole waar hul met Graad 1 gaan begin, bied skole ook nou ope dae aan.

By die Laerskool DF Malherbe het hul nog een stappie verder gegaan en sommer al op 15 November hul nuwe leerders vir volgende jaar bymekaar gebring.
Vir die dag is die skool se graad 1 klaskamers opgevrolik met kleurryke, lewensgrootte uitknipsels van leeus tot by ʼn spesiale fotoraam waar hul, foto’s kon neem.

Die nuwe Graad 1- maats was op Safari om die skool te verken en elkeen het die kans gehad om hul juffrouens vir volgende jaar te ontmoet en hul klaskamers te sien. Hul name is ook reeds teen die deure opgeplak.
Die lekkerste was toe juffrou hul gehelp het om hul voete te verf en hul eie spore teen hul klaskamermuur te los. Dit pas by die skool se tema vir 2026:: …..die spore wat jy nalaat.
