Local newsNewsNews

Valies se bloed is groen!

Suid-Afrikansers se bloed is eintlik groen ... in goeie en slegte tye. Maar as dit goed gaan op die rurgyveld is dit ekstra lekker om daai groen trui oor jou kop te trek.

Hier in die Vaal was daar verlede Vrydag en Saterdag baie groen te bespeur, en danksy môre se kragmetening teen die Iere sal dit weer so wees.

Die Bokke en die Iere sê mekaar Saterdag (22 November) die stryd aan in die Aviva Stadium, Dublin. Die wedstryd skop om 19:40 af, en beloof om ‘n strawwe stryd te wees.

Johan Pretorius van Oranjeville se Boktrok het verlede naweek baie aandag getrek toe hy in Vanderbijlpark rondgerits het. Ons hoop hy kom maak weer ‘n draai.

Dra jou trou met trots soos die ondersteuners.

Jenny van Heerden van Meyerton se kat, Daisy, is ook ‘n trotse Bok-ondersteuner.
Dis ook baie lekker om sommer in die truitjie te slaap.
Bo en onder: Die oulike bokke in hul Bok-truie het ook baie aandag getrek op sosiale media. Die eienaar van die foto’s se naam is egter onbekend.

Johan Pretorius en Gesina Dauth van Oranjeville by Johan se spoggerige Boktrok. Foto: Elsje Vermeulen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button