Local newsNewsNews

Kersliedere by Kerslig by Stonehaven

Dit vind plaas op 21 Desember by Stonehaven on Vaal, en die beste van alles: toegang is gratis.

VANDERBIJLPARK – Een van die feesgebeure om na uit te sien hierdie Desember is die Rotariërklub van Vanderbijlpark se jaarlikse Kersliedere by Kerslig.

Die Vaalrivier sal lewendig word met feestelike glans wanneer die gemeenskap bymekaarkom vir ‘n vreugdevolle Kersliedere-viering.

‘n Hele dag en aand van Kersfees-vermaak vir die hele gesin. Die hoogtepunt van die dag/aand is natuurlik Kersvader se aankoms op die rivier.

Daar sal lekkernye uitgedeel word en natuurlik sal die kleinspan die geleentheid kry om saam met Kersvader op sy Kersfees-bootjie afgeneem te word.

Om 18:00 sal daar Kersmusiek opgevoer word, en om 19:00 sal die professionele sangers die verhoog betree om gaste weg te voer met tydlose Kersliedere.

Spesiale versoek

Alhoewel daar geen toegangsfooi is nie, word gaste gevra om ‘n geskenkie vir ‘n kind saam te bring.

Hierdie geskenke sal deur die Rotariërklub geskenk word aan kinders in plaaslike hospitale, sowel as aan kinderhuise, om sodoende feesvreugde te versprei aan dié wat dit die nodigste het.

Daar sal ook ‘n spesiale Kersboom van Herinnering wees vir gaste om ‘n persoonlike boodskap aan geliefdes op te hang wat nie meer hierdie feesseisoen by ons is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button