VILJOENSDRIF – Die NG Kerk Viljoensdrif se saal was omskep in ‘n paradys vir geskiedenis liefhebbers.
Spesifiek die geskiedenis van Suid-Afrika vandat die Nederlanders besluit het om voet aan wal te sit tot by Republiekwording in 1961.
Die uitstalling was die handewerk van Ds. Jan de Man en alles het uit sy eie jarelange versameling boeke, dokumente, seëls en antieke gebruikware gekom.

1800’s wat nog met Koningin Victoria se gesig pryk. Aangesien die laaste president van die ou ZAR, Paul Kruger die jaar 200 sou wees, was daar ook ‘n hele afdeling aan hom gewy.
Die Voortrekkers is nie afgeskeep nie. Van dokumente en boeke tot by ‘n ou voortrekkerkappie en voorskoot was in die afdeling te bespeur.
‘n Ou groen blik met die woorde Huizen apteek het die aandag getrek.
Binne was daar nog botteltjies met vreemde brousels waaraan daar destyds geglo is om kwinte en kwale weg te hou.
Die antieke koffiemeul draai nog, so ook die ou boontjie kerwer vanuit die laat 1800’s.
Die langsteel goue-pan affêre het my vir ‘n oomblik verward gehad, totdat Jan beduie het dis hoe die ryk mense hul beddens warm gemaak het voordat hul op ‘n koue wintersnag in die bed geklim het.

Onder die ou foto’s en dokumente is daar vele van onskatbare waarde uit die Anglo-Boereoorlog.
Van teelepels en ander kunswerke wat deur Boerekrygsgevangenes in Ceylon gemaak is, tot by briewe wat vandaar af SA toe gestuur is, maar duidelik eers gesensuur is.
Jan het ook egte voorbeelde van ‘n ZAR pond (papier noot) wat in Pretoria gedruk is en toe die ZAR regering Pietersburg toe gevlug het, een wat daar gedruk is.
Die verskil in papier en kwaliteit is duidelik. Maar ook daar het die Britte oorgeneem en die laaste ZAR Pond in sy besit is êrens te velde in die omgewing van Pelgrimsrus gedruk, op lyntjiespapier.
Die uitstalling het ook die rol wat Viljoensdrif in die Anglo-Boereoorlog gespeel het uitgebeeld.
Dis juis hier waar die beroemde Generaal de Wet ‘n brug oor die Vaalrivier opgeblaas het in ‘n poging om die Kakies in hul spore te stuit.
Vir meer inligting, kontak gerus vir Jan op 082 784 2350.
