NewsNews

30ste Toy Run op 30 November

Die Toy Run is 'n skouspel van motorfietse en teddiebere in alle kleure en grotes. Kry hul langs die pad, dalk vang jy Kersvader se oog vir lekkergoed, of sorg dat jy by die Centurions MCC se klubgronde is voordat hul arriveer.

VANDERBIJLPARK – Dis ‘n instelling in die Vaaldriehoek soos braaivleis en rugby op ‘n Saterdag.

Hierdie jaar sal dit die 30ste keer wees wat Centurions MC Vaal hul Toy Run aanbied, in samewerking met Wingmates MC en Afriforum.

ekende Vaaldriehoek sanger en fotograaf, Lion Jay by die 2024 Toy Run. Foto: Gerda Bruinette

Die konvooi motorfietse, gelaai met speelgoed, gaan vanaf Hoff’s Place vertrek. Dis geleë by die ou Rafters @Golden Goose, Saspark Sentrum.

‘n Party Bus geborg deur Harry’s slaghuis gaan saamry en Kersvader het belowe om weer langs die pad lekkergoed vir die kinders uit te deel.

Motorfietsryers wat saam met die konvooi wil ry moet sorg dat hulle reeds 10:00 daar is. Vandaar sal die motorfietse, gelaai met geskenke, hul weg vind na die Centurions MC se klubgronde in Shakespearstraat.

Almal is welkom om in die dag se pret te kom deel. Toegang is gratis, maar hulle vra dat elkeen ‘n speelding en nie-bederfbare kos sal saambring.

Seep, tandepasta en ander badkamerbenodighede is ook welkom, so wel as skryfbehoeftes.

Die dag beloof om weer plesierig af te loop met hope eet- en drinkgoed, musiek deur Backbone, T-hemde wat op die gronde gedruk sal word, en hope ander pret.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button