Local newsNewsNews

Gevaarlike Sasolburg-paaie vereis dringende ingryping

Die paaie is vervalle en is 'n lewensgevaarlike bedreiging vir duisende padgebruikers.

SASOLBURG – Die plaaslike AfriForum-tak het ‘n dringende beroep op die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer gedoen om ‘n volledige ondersoek van die R59 en omliggende provinsiale paaie van stapel te stuur.

Die verwaarlosing van hierdie roetes het reeds tot talle motorongelukke, insluitend noodlottige sterftes, gelei.

In ‘n brief wat op 24 November aan die departement gerig is, lys AfriForum verskeie kritieke gevaarpunte wat onmiddellike ingryping vereis.

Daar is onder meer verskeie groot slaggate op die R59, spesifiek by die afrit vanaf die R57.

Dit veroorsaak dat motoriste in die aankomende verkeer se baan moet in swenk om slaggate te vermy.

By die gevaarlike Shell-vulstasiekruising by die ingang van Sasolburg is spoedbeperkingsborde verwyder.

Dit veroorsaak dat vragmotors teen ‘n spoed van 100 tot 120 km/h jaag. Volgens inwoners vind daar minstens een ernstige ongeluk maandeliks by hierdie kruising plaas.

Een van die groot slaggate op die R57 net buite Sasolburg.

“Die gebrek aan instandhouding, inspeksie en basiese padveiligheidsmaatreëls is nie net nalatig nie; dit is wettig en moreel onverdedigbaar,” sê Alta Pretorius, AfriForum se Distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

AfriForum eis nie slegs onmiddellike herstelwerk nie, maar ook die voorsiening van behoorlike waarskuwingstekens totdat die herstelwerk afgehandel is.

Die organisasie het die departement sewe werksdae gegee om skriftelike bevestiging van hul beplande optrede te lewer.

Indien die departement versuim om teen 4 Desember te reageer, sal AfriForum regsoptrede oorweeg.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button