Local newsNewsNews

Ondersoek teen korrupsie deur gemeenskap afgedwing

Inwoners van Emfuleni gaan reeds jare gebuk onder korrupsie en die gebrek aan optrede deur die ELM-administrasie om dit hok te slaan.

VEREENIGING – “Ons verwelkom enige stappe om kurrupsie en wanbestuur in ELM uit die weg te ruim. Dis is jammer dat drastiese ingryping eers versoek moet word deur die gemeenskap,” sê raadslid Gerda Senekal van die VF Plus.

Die jongste openbaring deur ‘n fluitjieblaser kom ná ‘n bekgeveg tussen die gemeenskap van Roshnee en die plaaslike owerheid.

Die inwoners is glo op kort kennisgewing ingelig dat die elektrisiteitstoevoer onderbreek gaan word ten spyte van rekeningfoute wat ná vele klagtes nie opgelos is nie.

“Ons vind dit laakbaar dat die burgemeester, Sipho Radebe, nou eers optree, ten spyte van vele klagtes van die inwoners waarop nie hy of die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Hassan Mako, ag geslaan het nie.

“Die feit dat nasionale en provinsiale leiers nou eers “kommer, vrees en woede” uitspreek, nadat die burgemeester vir president Cyril Ramaphosa gevra het om die spesiale ondersoekeenheid (SOE) opdrag te gee om bewerings van korrupsie te ondersoek, is onaanvaarbaar,” sê Senekal.

Volgens haar bevesig dié optrede wat inwoners lank reeds ervaar: “Emfuleni se stelsel is vervalle en eerlike belastingbetalers word misbruik”.

Die party dring nou daarop aan dat die SOE se ondersoek nie net simbolies moet wees nie, maar tot werklike vervolging van skuldiges, die herwinning van verlore fondse en tot die herstel van administratiewe en finansiële verantwoordbaarheid moet lei.

“Ons staan aan die kant van die gemeenskap en sal voortgaan om druk uit te oefen dat elke sent van die belastingbetaler beskerm word en dat goeie bestuur herstel word,” sluit Senekal af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button