NewsNews

Reën gaan Anker Kersmark nie stuit nie

Onthou die naweek is dit tyd vir die Ankerskool se Kersmark en dit word onderdak gehou.

VANDERBIJLPARK – Die Ankerskool het laat weet dat niks hul Kersvreugde kan demp nie. Die Kersmark gaan steeds op 28  en 29 November voort ten spyte van al die reën wat kort-kort die week uitsak.

ʼn Boer maak ʼn plan en hulle het besluit om die mark van die rugbyveld na die klaskamers en stoepe te skuif. Daar waar dit droog, warm en net so feestelik gaan wees.

Prop en Johnny Takbok sal Saterdag in die skoolsaal optree en die braaikompetisie is ook steeds aan die gang Saterdag.

Hekke open Vrydag van 08:00 tot 17:00 en Saterdag vanaf 08:00 tot 14:00.

Besoek ons webtuiste: www.dieankerkersmark.co.za om te sien wat te kope aangebied gaan word.

Koste: R15 per persoon. Kaart fasiliteite is beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button