NewsNews

On Pointe se ballet dansers doen dit weer

Twee van die Vaal se jong ballet dansers pluk die vrugte van jare se harde werk.

VANDERBIJLPARK – Twee van On Pointe Ballet Studio se dansers het vanjaar uitstekend gevaar in hul onderskeie vlakke.

Thando Maseko is onlangs aangewys in die tweede posisie van die Cecchetti Ballet Noordwes-streek se intermediêre eksamen.

Thando Maseko

Dit maak haar die 10de agtereenvolgende ballet danser van On Pointe Ballet Studio wat ‘n eerste of tweede plek in die senior eksamens verwerf.

Angelica Ellerbeck het ‘n uitsonderlike jaar op die verhoog beleef. Sy het by Show Your Talent twee goue medaljes verower en daarmee gekwalifiseer vir Talent America.

By Talent Africa se nasionale kompetisie het sy ‘n goue medalje gekry en twee platinum toekennings, asook die prys gevat vir die algehele beste kostuum.

Angelica Ellerbeck

Met haar oorwinnings hier het sy vir verskeie buitelandse kompetisies gekwalifiseer. Verder het Angelica ‘n brons medalje by Dance Waves verower en een goud en drie hoog silwer by die Vaal Triangle Festival.

Hul dansafrigter, Riette Odendaal, is trots op die twee wat met harde werk, dissipline en deursettingsvermoë hul doelwitte bereik en oorskry.

“Angelica wil graag oorsee gaan deelneem. Ons gaan nou werk om vir haar ‘n repertoire te leer uit een van die volwaardige ballet produksies,” het Riette laat weet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button