Local newsNewsNews

Net 22% Suid-Afrikaners vertrou nog die polisie

Nog 'n kommerwekkende faktor is dat daar groeiende onsekerheid is oor die akkuraatheid van misdaadstastiek in SA.

‘n Onlangse verslag van die Instituut vir Sekerheidstudies toon dat net 22% Suid-Afrikaners die polisie nog vertrou.

Die statistieke wat op 28 November uitgereik is, en ‘n daling in die misdaad toon in die kwartaal van Julie tot September teenoor April tot Junie vanjaar, word deur baie versigtig optimisties beskou.

“Die publiek se vertroue in die polisie sal sonder twyfel verder daal soos wat die onthullings voor die Madlanga-kommissie en die parlementêre ad hoc-komitee aan die lig kom.

“Dit laat die vraag waarheen die misdaadvoos publiek hom moet wend as die wagters self in die beskuldigdebank staan,” sê Wouter Wessels (VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Polisie).

Hy het die vraag beklemtoon: “Waarom sal ‘n konstabel of sersant omkoopgeld van die hand wys as sy minister en adjunk-nasionale kommissaris dit na bewering aanvaar? Moraliteit van die polisie is op die hoogste vlak vernietig”.

Die nuuste polisieverslag:

* Statistieke toon aan dat moord in die kwartaal Julie tot September af is met 11,% teenoor die kwartaal April tot Junie. Van  6 545 tot 5 794 .

* Die gevreesde “trio-misdade” is af: Motorkapings met 669 voorvalle, huisrooftogte met 864 en sakerooftogte met 829.

* Transitorooftogte is af met 18 voorvalle en gewapende roof met 3 689.

* Seksuele misdrywe is effens hoër (12 765 tot 12 787).

Volgens Wessels staar die polisie se onderskeie afdelings groot uitdagings in die gesig, veral weens die begrotingsbeperkings, personeeltekorte, swak hulpbronne, onkundigheid in spesialisgebiede, werkoorlading en ‘n gebrek aan motivering.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button