NewsNews

Liggies geniet hul 15de 4×4 dag

Elke jaar maak organisasies en individue harte en beursies oop en elke jaar geniet die inwoners van die Lighuis sentrum in Vanderbilpark hul spesiale dag meer.

VANDERBIJLPARK –  Lewenslig Sentrum vir gestremde volwasse persone se inwoners is bekend as die Liggies. Verstaanbaar, want waar mens hul ook al teëkom, is hul positiewe gesindheid, glimlagte en lewenslustigheid aansteeklik.

Klippies Kritzinger (rooi Jeep hemp) spreek die Liggies toe voor middagete.

Hulle is altyd reg vir ‘n avontuur en vir die afgelope 15 jaar is een van hul hoogtepunte in die jaar hul 4×4 dag. Dan word hulle bederf met ‘n middag van worsbraai en rondry op ‘n plaas.

‘n Plaas net buite Vanderbijlpark met 4×4 roetes. Natuurlik verg so ‘n dag beplanning, finansies en borge.

Hierdie jaar het die boodskap op die WhatsApp-groep deurgekom wat die datum en die lys van benodighede ingesluit het. Dit was nou alles van T-hemde, tot by 4×4 voertuie, koeldranke, wors, roomys en servette.

Die Liggies is gereed vir die avontuur terwyl die braaivleisvuur solank aangesteek word.

Binne ‘n paar dae was alles gereed. Skenkings het van individue en organisasies gekom en al wat die organiseerders kon sê was dankie. Die groot dag is beplan vir 28 November.

Dit het die heel week amper elke dag gereën en Vrydagoggend het besonders koud en nat in Vanderbijlpark gebreek. Teen 11:30 het Gert Rossouw laat weet, dit reën nie op die plaas nie.

Die 46 Liggies en personeel van die sentrum is net na 12:00 opgelaai en onder begeleiding van die verkeersafdeling, met sirenes aan, uit die dorp begelei.

Op die plaas is die braaivleisvure aangesteek en terwyl die Liggies in verskeie 4×4 voertuie die roete aangedurf het, is daar solank wors gebraai en die boereworsrolle is reggekry vir operasie groot eet wanneer almal terug is.

Natuurlik was daar ander lekkernye soos roomys en skyfies ook. Die lys van mense en instansies wat die dag moontlik gemaak het is baie lank.

Gaan besoek gerus Going North Tours – Adventure Awaits se Facebookblad om te sien vir wie almal dankie gesê word.

Op die Lewensligsentrum se Facebookblad het hulle na die tyd verklaar: “Ons bedank opreg elkeen wat ‘n aandeel gehad het om hierdie dag vir ons Liggies so spesiaal te maak.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button