‘Ons wil net weet hy is okay’
VANDERBIJLPARK - Dis die vierde week waarna daar steeds na Kobus Burger (84) van die dorp gesoek word.

“Ons het soveel vrae en geen antwoorde nie. Pa, as jy nou by iemand anders bly of wegkruip laat weet ons net dat jy veilig en versorg is,” pleit Yolanda Burger (skoondogter).
Sy gesin sê hulle is al moeg gesoek en vuisvoos gery om net te hoor dat hy nie daar is waar mense hom “gewaar” het nie. Hulle het al by die plaaslike hospitale, klinieke en selfs die lykshuis gesoek.
Ook by skuilings vir hawelose mense, maar sonder enige sukses.
Oom Kosbus het sowat vier weke gelede een Donderdagmiddag gaan stap en nog nie huis toe gekom nie.
Yolanda en haar man, Willem, het hom dadelik as vermis by die polisie aangegee.
“Ons dink al waar my pa nog kan wees is by iemand wat nie wil sê hy is daar nie. Stuur asb. net ‘n sms na 078 132 7261 en laat weet ons hy is veilig,” vra Yolanda.


