Joe de Paiva en sy dogter, Ashley de Paiva Smit, by hul 30ste Toy Run. Foto's verskaf: Alicia de Paiva Smit
VANDERBIJLPARK – Joe de Paiva is al vir 40 jaar deel van die Knights Vanderbijlpark motorfietsklub.
Met die eerste Toy Run wat 30 jaar gelede gehou is, is daar ‘n foto van hom geneem waar hy sy dogter, Ashley, toe nog ‘n baba, vasgehou het.
Joe de Paiva en sy dogter, Ashley, in 1995 by die eerste Toy Run.
Op 30 November het hy en Ashley (nou De Paiva Smit) ‘n soortgelyke foto geneem.
“Hy het die Toy Run saam die kinders geruil, vir Toy Run saam die kleinkinders. Die afgelope vyf jaar ry sy kleinseun, Callum Maartens, agter op die motorfiets tydens die Toy Run en die res van ons piekel net saam,” lag sy.
Drie dekades gelede het hy sy kinders Toy Run toe gebring, nou bring Joe de Paiva sy kleinkinders, Tatum en Callum Maartens.
Oupa se twee kleinkinders, Callum en Tatum Maartens, is geswore Knights ondersteuners wat reeds Oupa se klubkleure dra. Die 30 jaar tradisie sal beslis nog lank voortgesit word.
Joe de Paiva se kleinkinders dra reeds klubkleure.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za