Local newsNewsNews
Vrystaat Krieket vereer Spanners se hoof
Dirk Coetzee laat diep spore agter in Vrystaat skolekrieket
SASOLBURG – Dirk Coetzee, voormalige skoolhoof van die HTS Sasolburg, is verlede week deur Vrystaat Krieket verras met ‘n geskenk om hom te vereer vir sy toewyding en diens aan skolekrieket.
Coetzee het as die Vrystaat Streek Voorsitter, diep spore getrap. Hy verhuis eersdaags Kaap toe nadat hy ‘n hoofde pos by Jakes Gerwel Tegnies aanvaar het. Die toekenning is na afloop van die SA Platteland o19 Uitnodigingstoernooi aan hom oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
