NewsNews

Laerskool Midvaal se senior koor loods nuwe video

Klik op die skakel en kyk na hierdie besondere video van die Laerskool Midvaal se senior koor.

MIDVAAL – 2025 was ʼn besondere jaar vir Laerskool Midvaal se seniorkoor. By die Vereeniging Kunstefees het hul vier dubbel A’s verwerf vir hul verwerkings van die Rock around the clock, Circle of life, Jy is die storm en Still Waters (Ps.23).

Dan het hul ook in November die Prof. Linda du Plessis-toekenning verower tydens die Vaaldriehoekunstefees se toekenningsgeleentheid wat in November gehou is.

Die dansers wat in die video optree.

Die koorlede en hul afrigters, me. Hardi Farrell en me. Jeanmari Ferreira is dit eens die kersie op die koek is die vrystelling van hul tweede musiekvideo op 10 Desember. In die video sing hul ʼn hartroerende Gospel-lied tot eer van die Here.

Vir die geleentheid het hul ook ses van die skool se dansers ingetrek wat die video net nog meer besonders maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button