So gemaak met vlermuise
Voëls is nie die enigste vlieënde vriende wat soms hulp nodig het nie. Vlermuise is nie so geliefd soos voëls nie, maar verdien ook om gered te word.
SASOLBURG – Adri van Vuuren van die dorp het onlangs op Vaalweekblad se Facebook-groep raad gevra nadat sy die “baba” wat in hul lapa woon, moes red.
Sy het raad gevra oor wat om die vlermuis te gee om te eet terwyl hy in haar sorg is.
Verskeie lesers was saam bekommerd oor die vlermuis se welstand en soos altyd was daar meer as genoeg raad.

Angi Botha se raad:
‘n Klein vlermuis (babatjie) moet baie versigtig hanteer word, want hulle is baie broos. Die beste wat jy kan doen is om hom warm te hou en nie sommer enigiets te voer nie totdat jy weet watter spesie dit is.
Eerste stappe:
1. Hou hom warm. Sit hom in ’n klein boksie met gaatjies. Sit ’n warmwaterbottel omvou in ’n handdoek onder die een kant van die boks.
2. Moenie koei- of gewone melk gee nie. Dit maak vlermuise baie siek en kan hulle doodmaak.
Wat eet ’n baba vlermuis? – Hulle drink gewoonlik spesiale melkformule (kitten milk replacer – KMR) wat wildrehabiliteerders gebruik. Dit moet ook op ’n sekere manier gegee word (baie klein druppeltjies sodat hulle nie verstik nie).
Dis gevaarlik om self te probeer voer, want hulle kan maklik melk in hul longe kry.
Martie Nortjé se raad:
Vlerkmuise in SA drink nie ‘bloed’ nie. Dit kan ek jou verseker. Jy kan vir nou langlewe melk gee wat jy meng (50/50) met louwarm water.
Gee hom druppeltjie vir druppeltjie sodat hy gehidreer bly.
Twee plaaslike inwoners wat saam met die South African Wildlife Rehabilitation Center werk en die situasie kan oorneem is:
Monica van Aswegen van Sasolburg – 071 160 2207
Vaughan Veale van Vereeniging – 082 458 6431
