NewsNews

Geluk en sterkte aan D.F se Hoofleiers 2026

Laerskool D.F Malherbe in Vanderbijlpark se nuwe hoofleiers sien uit na 'n jaar van opwinding, avontuur en diensbaarheid.

VANDERBIJLPARK – Laerskool D.F. Malherbe het verlede week tydens hul prysuitdelingsfunksie ook hul hoofleiers vir 2026 bekend gemaak.

Die geleentheid bring elke jaar ‘n knop in die keel en hoendervleis oomblikke as die nuwe leiers hul baadjies kry en dan die ekstra swart en goue bande vir die hoofleiers.

‘n Mens weet nooit wie glimlag die breedste nie, die ouers of die jong leiers? 2026 se hoofdogter is Lea Badenhorst en die hoofseun Janko de Lange.

Die onderhoofdogter is Adelie du Toit en onderhoofseun is Janco van Tonder. Laerskool D.F. Malherbe het die hoofleiers ook op hul Facebookblad aangekondig en gesê:

“Ons hoofleiers vir 2026. Hierdie was ‘n ongelooflike hoogtepunt en DF is super trots op elkeen van hierdie leerders en hulle ouers. Baie geluk.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: [email protected]
Back to top button