Local newsNewsNews

Kersliggie-parade nie deur die weer in wiele gery nie

Die parade, wat oorspronklik as die Volkswagen-parade begin het, het ontwikkel tot die Klassieke Motors Kersliggieparade.

VANDERBIJLPARK – Hoewel die weer gister gedreig het om die derde jaarlikse Kersliggieparade in die wiele te ry, het die weer kort voor die aanvang van die parade mooi saamgespeel.

Hierdie nie-winsgewende, prettige geleentheid het baie belangstelling gelok, en omstreeks 18:00 was daar reeds ‘n goeie saamtrek van toeskouers by die Checkers-parkeerterrein in die dorp.

Jonk en oud het hul kans benut om die feestelikheid van nader te beskou en sommer ‘n foto of twee by hul gunsteling motors te neem.

Die parade het om 19:20 vertrek deur verskeie boulevards en weer terug tot by die parkeerterrein.

Alhoewel die parade ‘n wonderlike geleentheid vir gemeenskapspret is, het dit ook gedien as wyse om Vaalpets Animal Shelter te ondersteun, danksy ‘n insameling van donasies en kos.

Hier is die aand se verrigtinge in beeld vasgevang. Foto’s: Elsje Vermeulen

Toeskouers het in die parkeerarea gewag dat die motors hul verskyning maak.
Dante Botha en Corne de Bruyn van Vanderbijlpark by een van die Beetles.
Die organiseer van die parade, Chantall Nel, by haar motor. Saam met haar is Pieter, en vierjarige Chanel Botha.
Cecile Trollip van Vanderbijlpark by haar 1954 Chevrolet. Sy het vir die tweede jaar aan die parade deelgeneem.
Nog van die Volkswagens wat die oog gevang het.
Arlo en Hanru Carlson van Vaalpark het baie van die pers Volkswagen gehou.
Die pers Beetle was ook een van Jurgen Nel (12) se gunstelinge.
Zian Roux (5) van Vanderbijlpark by sy ouers se spoggerige minibus.
Die motors het pragtig vertoon toe dit begin donker raak.
Die deelnemers het baie moeite met hul motors gedoen.
Die Kersliggie-versierings was ‘n skouspel.
Reg om die pad te vat deur die strate van Vanderbijlpark.
Chantall Nel (organiseerder) het die parade gelei.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button