Local newsNewsNews

Onwettige perde- en donkieslagting ontbloot

NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE! Hierdie artikel bevat beskrywings van wreedheid teenoor diere.

Senior inspekteur Ashley Ness (van Glen Donald in Midvaal) en eenheidbestuurder Theresa Hodgekinson (van Meyerton) is verlede week oor onwettige slagtings in kennis gestel buite die Vaal se grense. Hulle het dadelik na ‘n plaas tussen Jan Kempdorp en Warrenton vertrek.

Die Highveld Horse Care Unit in Meyerton is ‘n nie-winsgewende welsynsorganisasie wat perde- en donkiemishandeling ondersoek en werk om die welsyn van perde en donkies in Gauteng en naburige provinsies, insluitend die Noord-Kaap, Noordwes en Limpopo, te beskerm.

Ness en Hodgekinson is egter met hul aankoms met ‘n gruwelike toneel gekonfronteer.

Die eiendom was besaai met verrottende oorblyfsels van honderde donkie- en perdekarkasse, wat daarop dui dat die slagtings oor ‘n lang tydperk plaasgevind het.

Van die donkie- en perdekarkasse wat op die eindom gevind is. Foto: Highveld Horse Care Unit

“Om sake te vererger blyk dit dat baie van diere op ‘n wrede, onmenslike wyse doodgemaak is. Tekens van ernstige kopwonde en gebreekte skedels is gevind.

“Dit stem ooreen met wonde wat deur ‘n stomp voorwerp, soos ‘n hamer veroorsaak is,” sê Ness. Sy is reeds die afgelope 18 jaar by die Highveld Horse Care Unit werksaam.

‘n Erg beseerde, nog lewende perd is ook gevind. Weens die omvang van sy beserings het die eenheid die besluit geneem om die perd uit sy pyn te verlos deur genadedood.

Die ontstellende ontdekking het kommer en woede onder dierewelsynsorganisasies veroorsaak, wat meen die brutaliteit van die slagtings beklemtoon ‘n dringende behoefte aan sterker kontrole en wetstoepassing in landelike gebiede.

Die Highveld Horse Care Unit het ‘n beroep gedoen vir geregtigheid vir die diere en dat die volle omvang van die wet toegepas word sodra die verantwoordelikes geïdentifiseer is.

“Daar was in die verlede ook op onwettige slagtings in die Vaal, maar nie op die skaal nie. Ons is wel op die oomblik besig om gereed te maak om ‘n plaaslike oortreder te ontbloot en toe te slaan,” sê Ness.

* Die Warrenton SAPS bevestig dat speurders ‘n saak van onwettige besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen ondersoek ná die arrestasie van ‘n 53-jarige man verlede Donderdag, 11 Desember.

Die man het glo kort voordat die gereg daar opgedaag het, ‘n donkie geskiet. Hy kon egter nog nie direk met die wrede slagtings verbind word nie.

Die saak word verder ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button